Keetmanshoop Privaatskool

Oor Ons

Vind uit wie ons is, waarvoor ons staan, en hoe ons jou kind ondersteun om te groei.

KPS Wapen
Ons Wapen
KPS Skoolwapen

Ons Wapen

Die wapen van die Keetmanshoop Privaatskool is heraldies uniek in die opsig dat die tipiese Christelike onderwysstelsel wat ouers vir hul kinders verlang, hier voorgestel en uitgebeeld word. In die boonste deel van die wapen verskyn die visarend wat die krag waarmee die wat op die Here vertrou, kan vlieg, dit wil sê: kan lewe! In die onderste deel van ons skool se wapen verskyn die geopende Boek wat die Bybel simboliseer met Jesaja 40:31 as sleutelvers. Hierdie vers lees: "...maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie."

Ons Leuse

Lig is Lewe

Die lig simboliseer die Bybel: die Bybel gee aan ons lewe. Sonder die Woord van God is daar nie lewe nie.

Ons Kleure

Donkerblou

Simboliseer die Hemel

Jade

Simboliseer Vooruitgang

Wit

Simboliseer Vrede & Reinheid

Skoollied

Lig is lewe, dis ons leuse
By die Keetmanshoop Privaatskool

God ons Alfa en Omega
Waak oor 'n ieder en 'n elk

In die Suide met sy kokerboom
En sy dor-vaal vlaktes

Leer ons hier van dissipline,
Van 'n liefde vir volk en taal

Leer ons hier van Onse Vader
Van gee, van deel en werk.

God ons anker in die lewe
Waak oor ons dag en nag

Lig is lewe, dis ons leuse
By die Keetmanshoop Privaatskool.

Ons Droom

KPS Visie

Die Keetmanshoop Privaatskool streef uitnemendheid na in die vorm van:

Ouergemeenskap

'n Gelukkige, geruste en vertrouende ouergemeenskap.

Onderwysers

'n Gelukkige, toegewyde, professionele span onderwysers.

Leerlinge

'n Gelukkige, gesonde, gebalanseerde groep leerlinge wat hul volle potensiaal bereik.

Vertroue

'n Sterk wedersydse vertroue tussen die drie vennote: ouers, onderwysers en leerlinge.

Geloof

'n Kompromielose uitlewing van die Christelike geloof, met die Evangelie as sentrale tema.

Ons Doel

KPS Missie

Ouers

Alle KPS-ouers word 'n skoolopsie van besonderse hoë kwaliteit gebied. Geen ouer moet nodig hê om ander opsies te oorweeg as gevolg van kwaliteit nie.

Onderwysers

Geen onderwyser moet bedreig voel nie. Ons verseker 'n werksomgewing waar die personeel gedurig professioneel verfris en gestimuleer word.

Leerlinge

Ons ontwikkel kritiese denkers wat standvastig is in hul Christelike geloof. Leerders leef respek uit teenoor hul skool, volwassenes en medemens.

Gemeenskap

KPS en sy mense handhaaf 'n sterk sosiale welsynsbewussyn. Dit word prakties uitgeleef en gedemonstreer in ons dorp en teenoor minderbevoorregtes.