Keetmanshoop Privaatskool

Doen Aansoek

Ons streef na akademiese uitnemendheid deur 'n balans van tradisionele waardes en moderne onderrigmetodes. Ontdek hoe ons leerders voorberei vir die toekoms.

KPS Wapen

Inskrywingsvorm

KPS

1

Leerder

2

Ouers

3

Medies

4

Voorwaardes

Besonderhede van Leerder

Buitemuurse aktiwiteite (indien van toepassing)

Buitemuurse / godsdienstige aktiwiteite

Ouer 1 / Voog Inligting
(Betalende Ouer/Voog)

Werksinligting & Inkomste

Ouer 2 / Voog Inligting

Werksinligting & Inkomste

Ouer 3 / Voog Inligting (Optioneel)

Werksinligting & Inkomste

Kies 1 of 2 opsies.

Medies & Noodgeval

Mediese Inligting van Leerder

Noodgeval Kontakpersoon

Onderneming deur Ouers/Voogde

1. Ons doen hiermee aansoek om die kind wie se naam op hierdie vorm verskyn as ‘n leerder te Keetmanshoop Privaatskool te hê en bevestig dat hy/sy aan die basiese kriteria voldoen.

2. Ek/Ons sertifiseer hiermee dat ek/ons wetlike toesig en/of voogdyskap het ten opsigte van die bogenoemde leerder.

3. Ek/Ons onderneem om te hou by die skoolreëls en gedragskode en die verskeie veranderinge in die reëls en gedragskode wat van tyd tot tyd gemaak word.

4. Ek/Ons verstaan en bevestig dat die Skoolhoof of enige ander persoon wat behoorlik gemagtig is, in loco parentis sal optree in enige saak en ter enige tyd wat ek/ons my/ons kind in die sorg van die skool toevertrou het.

5. Ek/Ons verstaan dat desnieteenstaande elke redelike poging aangewend sal word om verliese of skade aan ‘n leerder se kleredrag en toerusting te voorkom, die skool nie daarvoor verantwoordelik gehou sal word nie.

6. Ek/Ons onderneem om die skool te vergoed vir enige skade aan skooleiendom wat deur my/ons kind veroorsaak is.

7. Ek/Ons onderneem gesamentlik en elkeen afsonderlik om skoolfonds te betaal en ek/ons verstaan die volgende:

(a) Die jaarlikse skoolfonds sal ʼn verpligte bedrag wees soos wat dit aanvaar en goedgekeur is deur die meerderheid van ouers op die jaarlikse Begrotingsvergadering vir die betrokke jaar.

(b) In terme van die Statuut van die skool soos goedgekeur deur die Ministerie van Onderwys van Namibia is die partye van hierdie vorm verantwoordelik om verpligte skoolfonds te betaal. As die skoolgeld nie teen die 25ste van die betrokke maand betaal is nie sal u kind op die eerste skooldag daarna 'n brief ontvang waarin hy/sy verwittig word dat die skoolgeld agterstallig is en dat hy/sy nie verder kan skoolgaan totdat die rekening betaal is nie. Die rekening sal ook oorhandig word aan die skool se prokureurs vir invordering van die skulde. As die ouer dus nie die skoolgeld kan bybring nie is die onus op die ouer om voor die 25ste van die betrokke maand met die skool skriftelik in kennis te stel van sy/haar onvermoë en 'n skriftelike ooreenkoms te bereik oor die betaling van die skoolfooie. Die skool sal nie die ouers kontak vir reëlings nie.

(c) Indien die skool enige kostes moet aangaan vir die invordering van skuld verskuldig in terme van hierdie dokument, onderneem die partye wat hierdie aansoekvorm onderteken om op aanvraag alle regs- en ander kostes deur die skool aangegaan om agterstallige skoolfonds in te vorder te betaal op ‘n prokureur-eie-kliënt skaal, tesame met invorderingskommissie teen ‘n koers van 10% (plus BTW) vir elke betaling deur sodanige partye gemaak, asook enige seëlregte wat betaalbaar mag wees.

(d) Indien enige betaling verskuldig in terme van hierdie dokument nie betyds betaal word nie mag die skool die balans van die agterstallige skuld, rente en kostes wat verskuldig is in terme hiervan as onmiddellik betaalbaar beskou en mag ‘n dagvaarding uitgereik word in enige bevoegde Hof sonder enige verdere kennisgewing aan u.

(e) Enige kapitale bedrae uitstaande in terme hiervan sal rente dra teen ‘n koers van 20% per jaar gereken vanaf datum van die betrokke faktuur.

(f) Beide ouers, of enige persone wat hierdie aansoek onderteken, sal gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir die betaling van skoolfonds.

(g) Skoolfonds is vooruitbetaalbaar, tensy skriftelike reëlings deur ouer getref is en so deur die beheerliggaam van die skool aanvaar is.

(h) Ouers wat nie in staat is om skoolgelde te betaal nie, mag aansoek doen om vrystelling van skoolgelde of gedeeltelike vrystelling. Die skool behou egter die reg voor om, in die ongebonde en absolute diskresie van die Skool se Beheerliggaam, sodanige aansoek goed te keur of af te keur.

(i) Die partye wat hierdie ooreenkoms onderteken doen hiermee uitdruklik afstand van die voordele van non causa debiti, errore calculi, die hersiening van rekeninge en geen waarde ontvang nie.

(j) Ons stem hiermee toe tot die jurisdiksie van die Landdroshof in terme van Artikel 45 van die “Magistrate’s Court Act 32 of 1944” vir die invordering van enige bedrag verskuldig in terme hiervan.

(k) Enige kapitale skuld sal onmiddellik betaalbaar en opeisbaar raak indien ek/ons insolvent verklaar word of ‘n daad van insolvensie pleeg.

(l) Alle betalings deur die skool, of deur die skool se prokureurs, ontvang, sal eers toegeken word tot kostes, BTW, invorderingskommissie en rente, waarnaas dit toegeken sal word as ‘n kapitale betaling, ongeag enige toekenning gemaak of oënskynlik deur die skool gemaak.

(m) Enige sertifikaat of uiteensetting wat uitgereik word onder die handtekening van die Skool se gemagtigde verteenwoordiger / agent sal aanvaar word as ‘n prima facie bewys van ons verskuldigheid en sal dien as voldoende bewys vir die Skool om summiere vonnis of ‘n voorlopige vonnis teen ons te verkry in ‘n bevoegde Hof vir die bedrag uiteengesit in die sertifikaat. Ons aanvaar hiermee die onus om te bewys dat sodanige bedrag nie korrek is nie.

(n) Ons sal geensins geregtig wees om vir watter rede ookal enige gelde betaalbaar in terme hiervan te weerhou of betaling daarvan uit te stel nie.

(o) Ons gee hiermee toestemming dat alle fakture, rekeninge en kennisgewings elektronies aan ons versend kan word na die onderstaande genomineerde adres. Indien ons nie ‘n e-pos adres het nie, sal ons die skool skriftelik daarvan in kennis stel sodat harde-kopieë van gemelde dokumente aan ons versend kan word.

(p) Ek/Ons onderneem om een maand se skriftelike kennis te gee van enige voorneme om my/ons kind uit die skool te verwyder en om enige handboeke/boeke en/of toerusting wat aan die skool behoort en wat my/ons kind gehad het, aan die skool terug te besorg. Indien sodanige boeke en toerusting nie terugbesorg word nie aanvaar ons aanspreeklikheid vir betaling van die vervangingskoste van sodanige boeke en toerusting op aanvraag.

(q) Indien ek/ons gedurende November van ‘n betrokke jaar skriftelik kennis gee van ‘n voorneme om my/ons kind uit die skool te verwyder, of ter enige tyd kennis gee dat my/ons kind na die voltooiing van sy/haar jaareindeksamens die skool sal verlaat, aanvaar ek/ons aanspreeklikheid vir die volle skoolgelde betaalbaar tot die einde van die betrokke skooljaar.

(r) Ek/Ons stem daarmee saam dat my/ons kind toegelaat word om groep Edumetriese en Psigometriese toetse te ondergaan wat deur die Direkteur van Onderwys goedgekeur is.

(s) Ek/Ons stem saam dat indien my/ons kind oor die verpligte skoolgaande ouderdom (15 jaar) is, hy/sy die skool gereeld sal bywoon en slegs afwesig sal wees om mediese redes.

(t) Ek/Ons verstaan dat die skool die reg behou om alle inligting wat deur hierdie aansoek voorsien is, te verifieer. In die geval van oneerlike dokumentasie wat ingedien is, behou die skool hom die reg voor om ‘n kriminele klag van bedrog teen enige van die partye in hierdie aansoek, te lê.

(u) Ek/Ons aanvaar verantwoordelikheid vir die immunisering van my/ons kind teen enige aansteeklike siektes en normale infeksies en sal bewys daarvan lewer indien dit versoek word.

(v) Ek/Ons aanvaar verantwoordelikheid van die leerder se vervoer na en van die skool.

(w) Ek/Ons onderneem om die skoolhoof betyds in kennis te stel van my/ons kind/kinders se afwesigheid van skool. Ouer/Voogde verklaar dat hulle bereid is om ‘n doktersertifikaat in te handig indien en soos versoek.

(x) Ek/Ons onderneem om die skool se beleid en toelatingsbeleid soos deur die Beheerliggaam gedefinieer en geïmplementeer, te ondersteun.

(y) Ek/Ons verstaan dat rook en die gebruik/misbruik van enige dwelm of alkoholiese drank ʼn oortreding is van die kritiese skoolreëls en sal onder geen omstandighede geduld word nie.

(z) Ek/Ons (beide ouers) onderneem om by die bepalings van die skool se Grondwet, reëls en kodes te hou en ek/ons sal in die geval van 'n oortreding van ‘n reël, berus by die strafmaatreëls soos besluit deur die tugkomitee.

(aa) Die ondertekenaar hiervan kies hiermee domicilium citandi et executandi soos hieronder aangetoon. In die geval van ʼn adresverandering, sal ek/ons die skool skriftelik daarvan in kennis stel.

8. Hierdie verbintenis in sy geheel is van krag vanaf die dag wat dit onderteken is deur die ouer/voog/leerling tot op die dag wat die kind die skool verlaat. Let egter daarop dat indien ʼn leerling heraansoek doen aan die einde van ʼn jaar / beplan om terug te keer na KPS, hierdie ooreenkoms bindend is oor die Desember vakansie. Leerlinge val dus tydens vakansietye ook onder hierdie kontrak en die skool se reëls en regulasies.

9. Die ouer/voog verklaar dat hy/sy die wettige ouer/voog van die kind is en geregtig is om hierdie dokument te teken en is hiertoe gebind as ouer/voog en in sy/haar persoonlike hoedanigheid.

10. ADRES: Die ondertekenaar hiervan kies hiermee die volgende domicilium citandi et executandi (fisiese adres) en e-pos adres vir diening en lewering van alle kennisgewings en fakture hierin:

Benodigde Dokumente

Die volgende dokumente moet die inskrywingsvorm vergesel.
(Nr. 2, 3, 4, 5 en 6 slegs by nuwe aansoeke of indien nog nie voorheen ingehandig nie)

Hierdie dokumente moet geë-pos word na


  1. Bewys van woonadres in ons voeder area (munisipale rekening)
  2. Die leerder se mees onlangse skoolrapport/-verslag
  3. Een onlangse ID-grootte foto van die leerder (aangeheg)
  4. 'n Gewaarmerkte afskrif van die leerder se geboortesertifikaat / ID
  5. Afskrif van die kind se mediese kaart
  6. Afskrifte van beide ouers/voogde se ID-dokumente
  7. Indien buitelanders: Afskrif van ouers se werkspermit en kinders se studiepermit
  8. Die vertrekkaart/verslag van die vorige skool
  9. Bewys van Inkomste:
    1. Indien werksaam: 'n Gewaarmerkte afskrif van mees onlangse salarisstrokie van BEIDE ouers.
    2. Indien werkloos: 'n Brief van die Departement van Arbeid (laaste datum van werk) asook beëdigde verklaring.
    3. Indien in eie diens: Afskrif van die laaste geouditeerde Inkomstestaat of brief vanaf die Ontvanger.
Skoolaansoekvorm
Koshuisaansoekvorm
Skoolreëls
Skooltariewe
Graad R Leerling - N$1700 Voltyds of N$1020 twee maal per week of N$125 per dag
Graad 1 tot 12 Leerling - N$3970
Registrasiefooi per kind per jaar - N$550
Alle skoolfooie is 12 maande betaalbaar
Praktiese Vakke
Verbruikerstudies - N$250 per maand vir 9 maande
Computer Studies - N$300 per jaar
Kuns - N$150 per jaar
Koshuistariewe
Alle Leerlinge N$3010
Alle koshuisfooie is 11 maande betaalbaar
Voorkoms

Skooluniform

Somer
Winter

Seuns

  • KPS Grys Kortbroek
  • KPS Gholfhemp
  • KPS Kouse
  • Swart Skoolskoene
Seuns Uniform

Dogters

  • KPS Romp
  • KPS Gholfhemp
  • Wit Kouse
  • Swart Skoolskoene
Dogters Uniform

Sweetpak

KPS Sweetpak